• Jeanré du Plessis

RIAAN & CHANTELLE | KAMPALA PLAAS

PRAGTIGE VICTOR TROUE OP KAMPALA GASTE PLAAS, BONNIEVALE.


Ek kan nie beskryf hoe trots ek voel om deel te kon wees van die ongelooflike mense se spesiale dag . Ons almal ken vir Riaan vandat hy nog jonk en stout was...ek sé nie dat hy nie nou meer stout is..... maar hy het in n ongelooflike man verander en het die pragtigste vrou gekies met dieselfde mooi waardes as hy.

Ai julle....Ek moes mooi konsentreer om traantjies terug te hou.Ek dink ons almal (die hele Gansbaai) wat die dag saam met jul gedeel het kan getuig van die liefde wat jul vir mekaar het. Baie dankie dat jul my as fotograaf gekies het!


Op Saterdag oggend, 22 Desember, het ek die pad aangepak na die mooie en ook bitter warm Bonnievale. Sowat 13 kilometer voor Bonnievale op die boesmansrivier pad het ek afgedraai en is die berg op. By Kampala gaste plaas gekom, was my asem weggeslaan! Wie sou kon dink dat so juweel van n plek hier in die Breederivier Vallei skuil. Die uitsig is asemrowend! Ek het dadelik begin uitsien na sonsak, want ek het geweet hier gaan ons vanaand iets uit n sprokie sien!


Ek is sommer dadelik verwelkom en is na die "Backstage" huis geneem waar Chantelle en haar gevolg deur die talentvolle Arusha Marlene bederf is met haarstillering en grimering.


Ek wil nou nie almal verveel met my woorde nie, juis daarom dat ek my weergawe van die storie visueel hieronder uitbeeld deur my lens.


Hier volg n lysie van die wonderlike verskaffers wat Chantelle en Riaan se dag so spesiaal gemaak het:


Grimering en hare- Arusha Marlene Makeup & hair

Trourok- Tracey's bridal

Bruidsmeisies se rokke- Ms hoity toity

Naels- Ahava beauty

Kos- Oor die kole spitbraai

Poedings- Bottled delight Annerie Smit

Ligte- The tentmen

Venue- Kampala guest farm






















Full moon, Kampala Farm










265 views

Created by Jeanré du Plessis